'n Hele paar mense wou weer by my weet hoe om die kletskamer in die klas te gebruik. Ek pos gou weer die instruksies en hoop dit help.                                                                                                                                                                  1.       Tik in www.todaysmeet.com
2.       By die blokkie ‘Name your room’: Vul daar ‘n naam in. (Ek gaan bv. myne         bitterbessi noem.)
3.       By die blokkie ‘Delete the room in’: Klik op die pyltjie en kies. (Ek gaan nou myne net vir ‘n uur hou)
4.       Ignoreer die twitter ding

5.       Klik op CREATE YOUR ROOM (onder aan die bladsy)

6.       Jy het nou ‘n kletskamer met die naam : http://www.todaysmeet.com/bitterbessi (jy begryp dat die laaste deel afhang van die naam wat jy kies vir daardie spesifieke kletskamer)

7.       Nou moet die kinders hul selfone/rekenaars neem en jy skryf daardie naamvan jou kletskamer op die bord. Hulle gaan daarin en teken in met hulle EIE name (maak seker! Veral met graad 11 seuns!)

8.       WHAT IS YOUR NAME? Daar vul hulle hul name in en dan klik hulle op JOIN

9.       En dis dit – klink erger as wat dit is – dit neem letterlik 30 sekondes vir hierdie hele proses)

10.   Nou begin almal op eie stoom in die ‘message’ blokkie tik. As jy dit dan projekteer op die bord kan almal dit lees. Hulle sal dit in elk geval op hulle fone ook kan lees.

NS: Soms vertel ek vir die seuns ek gee ‘n punt aan die einde van die les – een punt vir elke goeie vraag of stukkie kommentaar. Ek trek punte af vir lawwighede want anders kan dit nogal ontaard. Maar as hulle eers daaraan gewoond is, werk dit soos ‘n droom.

 
Ek is baie opgewonde om te sien dat daar al 170 mense op ons ieb-allegaartie-poslys is. En die idees, toetse en lesse begin inkom en dis goeie nuus. Ek het alles wat tot dusver via die poslys gesirkuleer het op die webwerf geplaas sodat mense dit weer maklik kan opspoor. Dit was die oorspronklike doel van hierdie webwerf en ek is bly om te sien dat dit druppeltjie vir druppeltjie begin vorm aanneem. Dankie aan almal wat so vrygewig is en alreeds bydraes gelewer het. Hou so aan!!
    Picture

    View my profile on LinkedIn


    Ietsie oor Irene

    Irene hou skool by St John's College. Sy het haar eie twee woelwaters (6 & 7). Sy is tans besig met 'n MA by WITS met die fokus op tweede taal- onderrig en tegnologie. Sy doen ook gou-gou en terselfdertyd aanlyn diploma-kursus deur UCT oor die gebruik van die internet. In haar hart bly sy  maar 'n Afrikaanse juffrou met 'n swak plek vir gedigte en letterkunde.


    Archives

    March 2011
    May 2010

    Categories

    All